Herleef - Poem
- Leon Vermeulen
- Aug 19, 2009
Die winde van herlewing waai
Om die nasies na U te draai
Klein en groot word deur U bekoor
Want u het hul gebed verhoor
Herleef! Herleef! My siel wil leef!
Op ‘n houtkruis het u gesterf
Sodat ons die lewe kan erf
Vir al ons sondes het u betaal
Met u bloed wat nooit nie kon faal
Herleef! Herleef! My siel sal leef!
Uit die dood het U opgestaan
Loof en verhef u heilige naam
Aan u regterhand sit ons nou
In Christus te leef en vertrou
Herleef! Herleef! My siel moet leef!
Stuur nou vir my liewe Heer
Om uit te roep! ‘Laat jou bekeer!
Draai jou rug op al jou sonde,
Daar’s genesing in Jesus’ wonde!
Herleef! Herleef! Jou siel sal leef!
U winde van herlewing waai
En die nasies het omgedraai.
Ons het van U liefde gehoor
En loof U in die hemelse koor.
Herleef! Herleef! Ja ons lewe!
Leon Vermeulun









